May ’16 | Isiphiwo Boutique Hotel | Pretoria
Dis nie altyd wat jy die voorreg kry om van jou beste vriende se troues te kan afneem nie. En wat ‘n voorreg was dit!
Burnadene en Carel het so ‘n mooi, kuier troue gehad. Daar was “detail” om elke hoek en draai. Nie te praat van al die trane en mooi oomblikke tussen families nie.
Die bruidspaar se unieke sin van humor en diep liefde vir mekaar was opmerklik. Die troue was definitief een van die lekkerste kuier troues wat ons al op was.
Liefste Carel en Burnadene, mag julle huwelik geseen word met God se liefde, en mag ons vriendskap saam met die jare groeie.